Sunday, October 09, 2005

Voor de Klein(e)Kinderen



Een boom is een boom, is een boom, wat valt er nu te vertellen over een boom?
Een boom, geloof het maar, is buitengewoon.

Die Eikeboom

DIE EIKEBOOM

Woorde: P. MCLACHLAN
Musiek: FRANZ SCHUBERT; verwerk: G.G. CILLIÉ

Daar buite langs die woonhuis, daar staan 'n eikeboom;
en baie kinderjare is daar met vreug verdroom.
Sy wortels het ek opgesaal en wild my perd gery.
O kindertyd, net eenmaal! En dan is dit verby,
en dan is dit verby!

En nou na baie jare nog altyd staan hy daar:
so stewig, ongeskonde deur stormwind of gevaar.
En kom deur al die jare die lentetye mooi,
word hy met jonggroen blare so lieflik opgetooi,
so lieflik opgetooi.

Waar ek ook al my skrede mag wend die wêreld in,
die plek van kinderdrome sal ek altyd bemin.
En as in lentenagte die blare ruisend sug
dan gaan ek in gedagte na daardie boom terug,
na daardie boom terug.